Zuretha Roos en Annalie Nel gesels oor Roast Duck on a Sunday (Plus: Resep)
Die susters Zuretha Roos en Annalie Nel, wat die kookboek Roast Duck on a Sunday saamgestel het, het aan Karla Janse van Vuuren vertel dat hulle goed saamwerk, omdat kosmaak vir hul albei ‘n kreatiewe proses is.
Hulle het drie weke lank al die resepte vir Roast Duck on a Sunday in Roos se kombuis getoets en aan die einde van ‘n lang dag hulself met ‘n heerlike ete en ‘n glas wyn beloon. Lees die onderhoud en ‘n resep vir hoenderborsies gevul met feta wat die susters met Janse van Vuuren gedeel het:
Waar kom jul liefde vir kos vandaan?
“Eers, om eerlik te wees, was dit bloot ’n liefde vir eet aan ma se lekker kos! Ons kon nie kook toe ons uit die huis uit is nie.
Maar as ’n mens as kind goed en gesond geëet het, dryf die lus vir goeie kos jou later na kookboeke en oproepe na ma, veral as jy trou en jou man moet darem eet.
Boekbesonderhede
- Roast Duck on Sunday deur Annalie Nel, Zuretha Roos
Boek se tuisblad
EAN: 9781770078987
Spoor hierdie boek met BOOK Finder op!













Please register or log in to comment