Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Struik Lifestyle

@ Sunday Times Books LIVE

Janet Kohler deel haar drie P’s van sorgvrye partytjiebeplanning

Perfect Parties Janet Kohler het onlangs ’n paar riglyne vir goeie partytjiebeplanning met Netwerk24 gedeel.

“Ek dink die grootste rede waarom mense bang is om partytjies aan te bied, is omdat hulle alles los tot op die nippertjie. Dan kan dit nie anders as skeefloop nie,” sê die skrywer van Perfect Parties.

Kohler glo in die drie P’s: “Planning, Preparing en Preparation.” Selfvertroue is ook uiters belangrik, sê sy.

Lees die artikel vir Kohler se top partytjiewenke:

Haar raad is om soveel moontlik vooraf te doen, sodat jy tydens die partytjie die geselskap van jou geliefdes kan geniet, eerder as om rond te skarrel.

“Die drie P’s van partytjie is Planning, Preparing en Preparation,” sê Janet.

“Begin deur jou spyskaart te beplan en kyk wat jy reeds vooraf kan maak; of watter inkopies jy lank vooruit reeds kan doen.

“Ek het in die Kersfeeshoofstuk van die boek ’n resep vir sjokolade-vrugtetertjies (mince pies) wat jy vooraf kan maak in pannetjies en kan vries.

“Wanneer jy dan toevallig in die feestyd besoekers kry, druk jy dit net in die oond. Jou gaste sal gaande wees oor die vuurwarm, vars tertjies.”

Wat jy ook al op jou spyskaart het, sit dit met swier en selfvertroue voor, glo Janet, wat ’n kookskool in Durban bedryf.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment