Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Struik Lifestyle

@ Sunday Times Books LIVE

Dylan Lewis oor die ekologiese krisis: “Ons het onsself vervreem van ons diereverlede”

Dylan LewisDie skrywer en kunstenaar Dylan Lewis het onlangs met Laetitia Pople gesels oor die grootskaalse ekologiese krisis wat dui op die mens se vervreemding van die natuur.

Die Dylan Lewis: An Untamed Force-outeur het Pople op ‘n staptoer deur sy nuwe beeldtuin in Stellenberg geneem wat een van die dae sal open vir die publiek.

Lewis het vertel hoe vreesaanjaend dit was om die tuin te skep: “’n Beeld skep jy, en jy kan tot vyf maande wag voordat dit gegiet is en jy jou resultaat het, maar ’n tuin het ’n lewe en ’n wil van sy eie, dit hou aan groei.”

Lewis het onder meer gesels oor sy kinderjare wat hy in natuurreservate spandeer het en die invloed wat die dood van sy beeldhouerpa, Robin, op sy kreatiewe lewe gehad het.

Lees die artikel:

“Ek het as kind baie tyd in natuurreservate verwyl en het ’n persoonlike band met diere ontwikkel – eers voëls, later buffels en toe die grootkatte.

“Ek het tien jaar lank met ’n luiperd in ’n hok gewerk. ’n Band het tussen ons ontwikkel, maar ek is seker ek sou op­gevreet gewees het as ek dit in die hok sou waag. Ek beskou die kat as die argetipe van die wildernis. Dit is my simboliese dier.” Weens verstedeliking en ­ekonomiese dryfvere is die ­moderne mens van die natuur vervreem, sê hy. “Dit blyk in die ekologiese krisis – die gebrek aan ’n werklike, betekenisvolle band met die natuur. Ons het onsself vervreem van ons diereverlede en ons sien die resultate daarvan.”

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment