Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Struik Lifestyle

@ Sunday Times Books LIVE

Wen een van drie eksemplare van Low carb is lekker deur Inè Reynierse

 
Low carb is lekkerLow Carb is LekkerDie winter is nou amper verby en aanstons is dit weer tyd om die groot truie vir baaibroeke te verruil. Maar moenie swaarmoedig raak nie, jy kan ‘n kans staan om een van drie eksemplare van Low carb is lekker deur Inè Reynierse te wen!

Hierdie kookboek, wat ook in Engels beskikbaar is as Low Carb is Lekker, bied maklike, bekostigbare resepte vir enigeen wat graag ‘n lae-koolhidraatleefstyl wil navolg. Die skrywer het onlangs in ‘n onderhoud met Johnny Davids op Kwêla vertel hoe hierdie dieet haar familie se lewens verander het.

Om in aanmerking te kom vir die prys, besoek Struik Leefstyl se webtuiste, vul jou besonderhede in en beantwoord een maklike vraag. Die kompetisie sluit Maandag, 17 Augustus 2015.

Vraag: Wie is die skrywer van Low carb is lekker?

A. James Patterson
B. Ine Reynierse
C. Harper Lee

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment