Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Struik Lifestyle

@ Sunday Times Books LIVE

Probeer Seline en Leandri van der Wat se nageregpizzas en oop bobotie-burgers met bier-aïoli uit TWO

TWOMasterChef South Africa se gunsteling susters, Seline and Leandri van der Wat, het onlangs twee heerlike resepte met Netwerk24 gedeel uit hul jongste kookboek, TWO.

Die Van der Wat-susters deel nie net hul resepte vir oop bobotie-burgers met ’n bier-aïoli en nageregpizzas nie, maar ook staaltjies oor hul vroegste kosherinneringe en liefde vir sport.

Pizza vir nagereg? Ja, jy het reg gelees. Die susters vertel: “Maak gerus ’n nageregpizza oor die kole sodat dit ’n heerlike rokerige nasmaak gee aan die soet vulsels.”

Probeer die resep:

Nageregpizzas

Jy het nodig vir 8 pizzas:

- 370 ml water

- 10 ml kitsgis

- 800 g witbroodmeel

- 100 ml olyfolie

- 25 ml sout

- 50 ml versiersuiker

- 1 kg vars swartkersies

- 2 houertjies mascarpone

- 60 ml heuning

“Selfs al is ons so lief vir sport, is dit die kosherinneringe wat daarmee gepaardgaan wat die skerpste in ons geheue uitstaan,” vertel die “sportmal” Van der Wats.

Probeer die resep vir oop bobotie-burgers met bier-aïoli, perfek vir die Rugbywêreldbeker:

Vir die aïoli:

die sap van ½ suurlemoen

2 eiergele

1 knoffelhuisie

sout en peper na smaak

200 ml kanola-olie

125 g komkommer (ongeveer ½ komkommer)

125 ml Heinekenbier, opsioneel

Só maak ’n mens:

1. As jy dit gebruik, verhit en prut die bier in ’n klein kastrol totdat dit met twee derdes reduseer. Dit sal die geur van die bier in ’n kleiner hoeveelheid vloeistof konsentreer. Laat dit afkoel voor gebruik.

 
Lees ook:

 

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment