Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Struik Lifestyle

@ Sunday Times Books LIVE

Nuwe rilroman vir tieners deur Francois Bloemhof: Liefde, moord en Facebook

Liefde, moord en FacebookStruik Lifestyle kondig met trots aan dat Francois Bloemhof se jongste tienerroman – Liefde, moord en Facebook – eersdaags op ons rakke verskyn:

Liefde, moord en Facebook is ’n tienerroman met genres van beide romanse en rillers. Die hoofkarakter, Klaradyn, raak verlief op ’n fotograaf wat dalk vir die moorde op die modelle in haar tuisdorp verantwoordelik is – die een na die ander word vermoor. Daar is ’n paar verdagtes, maar niks word te ernstig opgeneem nie. Die karakters is wandelende clichés en daar word op ’n humoristiese manier met die modelwêreld gespot, asook mense se obsessie met Facebook en die wyse waarop sosiale media deesdae die menslike gedrag dikteer. Die werklike storie bevat fiktiewe Facebook-insetsels, volledig met foto’s en ’n paar skakels na video’s en klankgrepe.

Oor die outeur

François Bloemhof is die enigste skrywer wêreldwyd wat omvattend vir die jeug, tieners en volwassenes skryf. Hy is ’n vryskut-taalpraktisyn asook kopieskrywer, resensent en joernalis en is bekend vir die eerste Afrikaanse e-boek en strokiesprentreeks. François skryf vir die verhoog, die radio en tydskrifte, en twee rolprenttekste uit sy pen word vanjaar geproduseer. Hy het heelwat toekennings ontvang, insluitende die De Kat-prys vir sy debuutverhaal, Die nag het net een oog.

Boekbesonderhede

 

Please register or log in to comment