Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

Struik Lifestyle

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Youth’ Category

Nuwe rilroman vir tieners deur Francois Bloemhof: Liefde, moord en Facebook

Liefde, moord en FacebookStruik Lifestyle kondig met trots aan dat Francois Bloemhof se jongste tienerroman – Liefde, moord en Facebook – eersdaags op ons rakke verskyn:

Liefde, moord en Facebook is ’n tienerroman met genres van beide romanse en rillers. Die hoofkarakter, Klaradyn, raak verlief op ’n fotograaf wat dalk vir die moorde op die modelle in haar tuisdorp verantwoordelik is – die een na die ander word vermoor. Daar is ’n paar verdagtes, maar niks word te ernstig opgeneem nie. Die karakters is wandelende clichés en daar word op ’n humoristiese manier met die modelwêreld gespot, asook mense se obsessie met Facebook en die wyse waarop sosiale media deesdae die menslike gedrag dikteer. Die werklike storie bevat fiktiewe Facebook-insetsels, volledig met foto’s en ’n paar skakels na video’s en klankgrepe.

Oor die outeur

François Bloemhof is die enigste skrywer wêreldwyd wat omvattend vir die jeug, tieners en volwassenes skryf. Hy is ’n vryskut-taalpraktisyn asook kopieskrywer, resensent en joernalis en is bekend vir die eerste Afrikaanse e-boek en strokiesprentreeks. François skryf vir die verhoog, die radio en tydskrifte, en twee rolprenttekste uit sy pen word vanjaar geproduseer. Hy het heelwat toekennings ontvang, insluitende die De Kat-prys vir sy debuutverhaal, Die nag het net een oog.

Boekbesonderhede


» read article

Kyk na die voorskou van Hollywood in my huis – Leandie du Randt se jongste fliek

Gemaklik in jou eie lyfComfortable in Your Own SkinLeandie du Randt kraai koning(in) op Afrikaanse skerms. Van die kassie tot die silwerskerm, tydskrif rakke tot sosiale media bladsye – haar naam is oral.

Du Randt se boek, Gemaklik in jou eie lyf: Wees die beste jy, is dalk gerig op tienermeisies, maar dit bied wysheid en raad wat op enige vrou van toepassing kan wees.

Hanlie Retief het onlangs met Du Randt gesels om uit te vind wie die meisie met die verlengde blonde hare en dinamiese persoonlikheid nou eintlik is. “Kyk, moenie Little Miss Sun­shine op haar blonde spiraalkrulle takseer nie. Leandie is swaargewig, al weeg sy soveel soos drie Mariebeskuitjies,” skryf Retief.

Du Randt se jongste fliek – Hollywood in my huis – begin more landwyd in teaters draai. Sy speel die rol van Angeligue, die hoofpoppie van die skool en ook aan die stuur van die matriekafskeid-komitee. Sy kom uit een van die welaf-gesinne in die buurt. Sy weet alles én beter as enigeen en weet presies hoe om mense om haar pinkie te draai. As sy nie haar sin kry nie, word sy baie slinks.

Kyk na die voorskou van die fliek:

YouTube Preview Image

 
Lees Retief se artikel om Du Randt beter te leer ken:

Hey girl! gooi Leandie haar fave Ivanka-lyn as sy kaalvoet naderstap, hierdie pop van ’n meisie met ’n strik in haar hare, plip-plip-plip op Stark Films se gepoleerde marmerwit sementvloer.

Howzit! Sy pluk so ’n lekker Brakpan-twang uit dié lyn van haar Binnelanders-karakter, ­Ivanka.

“Ek luv’it om vir Van te twang. I-Vên-ka sal sê: Gaan haal die kar uit die ghê-raash. En moenie my ien-sult nie!”

Leandie dra vandag ’n vin­tage-rokkie. ’n Vaal 1980’s-weeskind-rokkie, tot by haar kuiltjie toegeknoop, waarskynlik by die Neighbourgoods-mark in Braamfontein losgeslaan waar sy en haar verloofde, Bouwer Bosch, Saterdae met pêlle rondhang voor hulle huis toe slenter om horisontaal moewies te kyk terwyl sy haar mond volprop met Diddle Daddle-karamelspringmielies “en dan soos ’n kind uitpass van die sugar rush”.

Boekbesonderhede


» read article

Leandie du Randt: “Soos ek ouer geword het, het ek geleer wie ek is en wat ek eintlik wil hê”

Gemaklik in jou eie lyfComfortable in Your Own SkinLeandie du Randt het onlangs met Celinda Groenewald gesels oor haar loopbaan, skoonheid en haar liefdeslewe.

Die aktrise en skrywer van Gemaklik in jou eie lyf: Wees die beste jy gesels oor die lewenslesse wat sy as tiener geleer het, veral wanneer dit kom by die liefde. Sy het het eie ervarings gebruik om ’n selfhelpboek vir tienermeisies te skryf, wat ook in Engels beskikbaar as Comfortable in Your Own Skin: A guide to loving yourself.

Du Randt vertel meer oor haar rol in die nuwe Afrikaanse rolprent, Mooirivier, en hoe sy van haar karakter, Janine, verskil:

In Mooirivier is Leandie se karakter, Janine, ’n hopelose romantikus.

Maar Leandie, wat onlangs aan die sanger Bouwer Bosch verloof geraak het, dink ’n bietjie meer nugter oor sake van die hart.

“Ek was op hoërskool baie soos Janine en baie verlief op die idee van die liefde en verlief wees.

“Daarom het ek baie vinnig verlief geraak, partykeer te vinnig. Maar soos ek ouer geword het, het ek geleer wie ek is en wat ek eintlik wil hê.

“Ek het besef daar is geen kortpad tot by die liefde as eindbestemming nie en dat ’n mens maar geduldig moet wag vir daardie regte, egte spesiale een.”

Boekbesonderhede


» read article

Leandie du Randt gesels oor haar opwindende loopbaan en deel haar vyf moet hê items vir 2015

Gemaklik in jou eie lyfComfortable in Your Own SkinLouw Breytenbach van Die Reviewer het so bietjie met Leandie du Randt gesels oor haar florerende loopbaan, haar deelname aan Strictly Come Dancing en haar adviesboek vir tienermeisies, Gemaklik in jou eie lyf: Wees die beste jy.

“Ek wil deur my boek vir tieners vertel wat ek oor 8 jaar moes leer. Ek wil vir hul sê dat ek verstaan hoe hul voel en dat dit normaal is maar dat daar maniere is om vinniger deur al die tienersake te kom… Toe skryf ek alles wat ek geleer en gelees het oor die jare op ‘n eenvoudiger wyse,” sê Du Randt. Sy deel ook haar vyf “moet hê” items vir 2015 en gesels oor waar haar inspirasie vandaan kom.

Lees die artikel:

LEANDIE SE 5 “MOET Hê” ITEMS VIR 2015

* ‘n Stokperdjie
* Instax foto drukker
* Tyd saam geliefdes
* Data
* Positiwiteit en dankbaarheid

Boekbesonderhede


» read article

Struik Leefstyl se skrywers by die Woordfees 2015

Die jaarlikse Woordfees 2015 is om die draai en vanjaar se tema is “Sestien Onse”. Leandie du Randt, Samantha Linsell en Mari-Louis Guy verteenwoordig hierdie jaar vir Struik Leefstyl op die program wat plaasvind vanaf 6 tot 15 Maart.

Du Randt is die skrywer van Gemaklik in jou eie lyf: Wees die beste jy en die Engelse weergawe, Comfortable in Your Own Skin: A guide to loving yourself. Die bekende aktrise en skrywer verskyn in twee flieks wat tydens die KykNET Silwerskerm-filmfees gewys gaan word op Saterdag, 7 Maart.

Samantha Linsell gaan haar nuwe resepteboek, Sweet, op Woensdag, 11 Maart bekendstel en op Saterdag, 14 Maart hoor ons by Koekedoor-beoordelaar Mari-Louis Guy hoe jou koek van jou ‘n ster kan maak. Guy is die medeskrywer van Koeke ter viering van liefde en lewe wat in Engels beskikbaar is as Cakes to Celebrate Love and Life.

Meer besonderhede oor Struik Leefstyl se skrywers wat by die Woordfees gaan optree:

Gemaklik in jou eie lyfComfortable in Your Own SkinKoeke ter viering van liefde en leweCakes to Celebrate Love and Life

 
Vuil Wasgoed
Datum: Saterdag, 7 Maart
Tyd: 17:00
Plek: Boektent
Koste: Gratis
Met o.a. Bouwer Bosch, Bennie Fourie, Tim Theron, Simone Nortmann, Leandie du Randt en Hannes Muller
Wim en Kevin werk in ‘n wassery en kikker hul vervelige lewens op deur saans hul kliënte se klere aan te trek en partytjies te crash. By een van die vele partytjies ontdek hulle ‘n koue afgekapte vinger in die sak van een van die baadjies. Kevin en Wim skarrel terug wassery toe, net om te ontdek dat ‘n misterieuse man hulle inwag… met ‘n snoeiskêr…

Die Windpomp
Datum: Saterdag, 7 Maart
Tyd: 20:00
Plek: Boektent
Koste: Gratis
Met o.a. Armand Greyling, Leandie du Randt, Marga van Rooy, Marko van der Colff, Ian Robert en Grethe Fox
Die Windpomp is ‘n humoristiese en prettige liefdesverhaal wat wentel om 17-jarige Henri, wat op die drumpel van ‘n eienaardige aftree-oord beland. Tydens ‘n skelm laatnag sigaret volg hy vyf silhoeëtte in ‘n bos en vind meer as wat hy verwag het in die uitgestrekte water. Maar in Henri se nuwe wêreld is alles nie soos dit blyk te wees nie.

Samantha Linsell: Sweet (a demonstration of decadence)
Datum: Woensdag, 11 Maart
Tyd: 10:00
Plek: Die Khaya
Koste: R50
Sweet, oftewel dan Soet, ‘n kombuiswoord wat dekadensie, onweerstaanbare lekkernye, en eenvoudige tevredenheid optower. Hierdie boek het ‘n kuur vir elke hartseer, en ‘n lekkerny vir elke lekkerte. Samantha Linsell nooi jou uit om hierdie soetighede met haar te kom deel.

Jou koek kan van jou ‘n ster maak
Datum: Saterdag, 14 Maart
Tyd: 12:00
Plek: Die Khaya
Koste: R50
Mari-Louis Guy (Koekedoor beoordelaar) is internasionaal bekend as kos-stilis, koekontwerper- en skrywer. Sy en haar broer Callie besit die toonaangewende Cakebread in Kaapstad en is die skrywers van oa Markdag en Koeke ter viering van liefde en lewe. Tydens hierdie demonstrasie deel hulle die nuutste tendense in bak en bespreek hoe jou koek van jou ‘n ster kan maak.

Boekbesonderhede


» read article

Leandie du Randt: “Ek weet dis baie moeilik om ’n tiener te wees” (Video)

Gemaklik in jou eie lyfComfortable in Your Own SkinLeandie du Randt het onlangs saam met Katlego Maboe in die Expresso-ateljee gekuier en gesels oor haar veelsydige loopbaan as aktrise, danser, NAweek-aanbieder en skrywer van Gemaklik in jou eie lyf: Wees die beste jy.

Maboe wou weet hoe sy dit alles gedoen kry. “Hoe meer ek het om te doen, hoe meer kry ek gedoen,” het Du Randt vertel. “Dis ’n voorreg om te doen wat jy love.”

Du Randt is op skool geboelie en kon daaruit inspirasie put vir haar selfhelpboek vir tienermeisies. “Ek weet dis baie moeilik om ’n tiener te wees, veral in vandag se tyd.” Gemaklik in jou eie lyf is ook in Engels beskikbaar as Comfortable in Your Own Skin: A guide to loving yourself.

Maboe het skreeusnaakse video-brokkies gedeel van Du Randt en haar kêrel, Bouwer Bosch. Sarie het onlangs met die paartjie gesels oor hul vriendskap wat ’n liefdesverhouding geword het.

Kyk na die video:

YouTube Preview Image

Du Randt, ‘n Strictly Come Dancing SA finalis, het ook vir Maboe uitgedaag tot ’n danskompetisie. Kyk na die video om uit te vind watter een van die twee het die beste danspassies:

YouTube Preview Image

Boekbesonderhede


» read article

Gemaklik in jou eie lyf-skrywer Leandie du Randt vat die lewe twee uur op ’n slag

Gemaklik in jou eie lyfComfortable in Your Own SkinDie veelsydige aktrise, skrywer en Strictly Come Dancing-finalis Leandie du Randt het met Monique Vrey gesels oor haar loopbaan en hoe sy elke dag twee uur op ’n slag aandurf.

“Ek het nog altyd beplan om te wees waar ek nou is, maar ’n mens moet baby steps vat en al die geleenthede vat wat na jou kant toe kom,” het Du Randt gesê.

Du Randt se eerste boek, Gemaklik in jou eie lyf: Wees die beste jy, is vroeër vanjaar deur Struik Leefstyl gepubliseer. Die boek is ook in Engels beskikbaar as Comfortable in Your Own Skin: A guide to loving yourself.

In die Rapport-artikel het Du Randt ook met Vrey gesels oor haar lewensuitkyk en haar dankbaarheid vir haar ondersteuningstelsel:

Sy sê sy en Bouwer Bosch, haar kêrel, het ’n reël om die lewe twee uur op ’n slag te vat.

“Ons sê as dit nie in die volgende twee uur gebeur nie, mag ek nie daaroor stres nie en ek mag nie daaroor uitfreak of selfs daaraan dink nie. Al hoe ek goed kan doen, is om te fokus op dit wat ek nou doen. Ek is ’n planner, so dis vir my baie moeilik, want ek wil heeltyd vooruit dink.”

Du Randt, wat vroeër vanjaar ’n boek vir tienermeisies, Gemaklik in jou eie lyf: Wees die beste jy, uitgereik het, sê die ondersteuningstelsel van haar naastes beteken vir haar alles.

Boekbesonderhede


» read article

Leandie du Randt: Ek het geskryf wat ek op hoërskool self wou lees

Gemaklik in jou eie lyfComfortable in Your Own SkinJipJoernalis Peter Pentz het onlangs by Leandie du Randt ingeloer om te gesels oor haar boek Gemaklik in jou eie lyf: Wees die beste jy.

"Ek het veral die afgelope drie jaar baie sulke boeke deur Robin Sharma en Rhonda Byrne gelees. Dit het my só baie geleer dat ek gewens het ek het soortgelyke boeke al op hoërskool gelees. Ek sou dalk soveel ander besluite geneem het. Ek het toe gedink: Kom ek skryf ’n boek met al dié goed in, maar simplify dit en maak dit relevant vir tieners," sê Du Randt en vertel meer oor die samestelling van haar boek.

Hulle gesels ook oor haar toekomsplanne, lewensfilosofie en tienerdae. Lees die artikel:

As jy jou tienerjare kon oorhê, wat sou jy anders doen?

Ek sou minder worry oor wat ander van my dink en nie so ’n groot people pleaser probeer wees het nie. Jy moet net wees wie jy is. Daai mense gaan nie vir ewig in jou lewe wees nie. Jy moet dus true wees aan wie jy is.

Boekbesonderhede


» read article

Gemaklik in jou eie vel: Damesoggend met Leandie du Randt by Pretoria Oosterlig

Gemaklik in jou eie lyf: Wees die beste jyComfortable in Your Own SkinLeandie du Randt, outeur van Gemaklik in jou eie lyf: Wees die beste jy, neem op 16 Augustus deel aan ‘n damesoggend by Pretoria Oosterlig.

Kaartjies kos R60 en sluit ‘n modeparade, optrede deur Boekenhout se ser en ‘n motiveringsgesprek deur Du Randt en Janine Truter in.

Die tema van hierdie damesoggend is “Daughter of a King therefore Fearless and Fabulous”.

Moet dit nie misloop nie!

Besonderhede

  • Datum: Saterdag 16 Augustus 2014
  • Tyd: 10:00
  • Plek: Pretoria Oosterlig,
    Carritas,
    Leastraat 469,
    Waterkloof Glen,
    Pretoria | Padkaart
  • Gasoptrede: Janine Truter, Boekenhout Ser
  • Koste: R60
  • RSVP: Janine, jini4life@live.com, 072 806 9549

Boekbesonderhede


» read article

Leandie du Randt gesels oor haar deelname aan Strictly Come Dancing (Plus: Video)

Gemaklik in jou eie lyfComfortable in Your Own SkinLeandie du Randt neem dié maand die konsep van Gemaklik in jou eie lyf: Wees die beste jy na nuwe hoogtes wanneer sy as een van tien Strictly Come Dancing-finaliste sal meeding om die titel as danskoningin.

“Om die beste te wees, moet jy fokus op jou eie vordering. Ek is my eie grootste kompetisie en solank ek net elke dag beter is as die vorige dag, is ek tevrede,” het du Randt onlangs aan Sarie se Elmari de Vos gesê. Lees die artikel waar sy oor die kompetisie en die wonder van haar nuwe liefde gesels:

Leandie speel later vanjaar in die flieks Hollywood in my huis en Strikdas. Sy is ook in Mooirivier, wat volgende jaar uitgereik word, het pas haar eie boek, Gemaklik in jou eie lyf, uitgereik én is in die nuwe seisoen van Strictly Come Dancing.

“Op die oomblik sê ek nee vir onnodige werk, want Strictly Come Dancing is nou my eerste prioriteit,” sê sy oor die werklikheidsreeks wat vanaf 18 Julie op SABC 3 wys.

Die kompetisie sal vanaf Vrydag, 18 Julie weekliks op SABC 3 afspeel. Kyk na ‘n kort voorskou van Du Randt en haar dansmaat, Brandon Le Riche:

YouTube Preview Image

Boekbesonderhede


» read article